
=====================================================================
9 - Mynbou
=====================================================================


9
MYNBOU


Die huidige situasie

Mynbou is die belangrikste komponent van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Die verkoop van minerale lewer bykans die helfte van die opbrengs op wat ons verdien deur ons produkte in die buiteland te verkoop.

Goud is die mees belangrikste mineraal in Suid-Afrika. Ons produseer meer goud enige ander land in die wreld. Maar in afgelope paar jaar het die goudmyne nie so goed gevaar nie. Ongeveer 150 000 werkers het hulle werk verloor. Maar daar is steeds 700 000 werkers wat in die goudmyne werk.


Steenkool is die tweede belangrikste mineraal wat ons ontgin. Dit word gebruik om elektrisiteit in nywerhede en in on huise, op te wek. Ongeveer 90 000 mense werk in steenkoolmyne. Suid-Afrika produseer ook ander minerale.


Mynbou kan 'n skadelike uitwerking op die grond en waterkwaliteit h.

Mineraalverwerking kan lubgesoedeling veroorsaak wat oor lang afstande kan strek.


Goudontginning laat baie vergruisde rotse en vloeibare afval, wat suur bevat, agter. Dit word geberg in slikdamme (dikwels word dit mynhope genoem). Slikdamme kan water en stofbesoedeling veroorsaak.


In Februarie 1994 het 'n slikdam in Merriespruit gebreek. Die dorp is deur geweldige modderstorting oorstroom. Baie mense is dood of beseer.

Op die Witwatersrand het die water onder die goudmyne 'n ho soutinhoud. Tydens die mynproses word die water na die oppervlak gebring. Dit word in vlak poele gestort vanwaar die water verdamp. Die sout word in die poele agtergelaat.

In die oostelike Witwatersrand-gebied bevat die afval-water sout, suur, yster en mangaan. Dit word in die Klip- en Eisbeegrivier gepomp. So beland daar elke dag baie sout in the water van die Vaalrivier.


Asbes word in die Noord-Kaap gevind. Suid-Afrika verkoop heelwat asbes aan die lande. Asbes kan egter longkanker en ander longkwale veroorsaak. Soms neem hierdie siektes twintig jaar voordat simptome waarneembaar is. Die asbesstof van die myne word deur die wind in die lug ingeblaas. Die water wat van die mynhope afloop, bevat asbes.


Sedert die vroe 1980's het die asbesbedryf begin om streng veiligheidstandaarde toe te pas. Die werkers in die myne asem nie meer gevaarlike hoeveelhede asbes in nie.


Daar is 'n gesamentlike Veiligheids- en Gesondheidsprogram wat deur die bestuur en werkers beheer word. Hulle probeer om die mynhope te bedek sodat die stof nie rond gewaai word nie. Hulle probeer ook keer dat die water van die mynhope af, nie in die strome afloop. Maar die gesondheidsinvloede van die verlede sal vir 'n lang tyd met die werkers en hul families wees.


Steenkoolmyne kan 'n nadelige invloed op die omgewing h. Dit kan ook werkers en nabygele gemeenskappe benvloed. Baie steenkoolmyne is baie na aan riviere gele. Die suur uit die myne besoedel die grondwater. Die skoonmaakproses van die steenkool, sodat dit oorsee verkoop kan word, veroorsaak baie afval. Die afval word in groot mynhope geberg. Soms begin hierdie mynhope brand. Dit veroorsaak lugbesoedeling.


Mynmaatskappye en regeringsdepartemente in Suid-Afrika word mynbou bedryf deur private maatskappye. Die meeste van ons minerale word deur privaat maatskappye besit. Goedkoop arbeid het gehelp om die mynboubedryf baie ryk te maak.


Die mynmaatskappye het noue bande met die regeringsdepartemente wat hulle moet beheer. Vakbonde en omgewingsdrukgroepe is krities hieroor. Hulle is van mening dat dit risiko's vir werkers en die omgewing inhou. Die afgelope paar jaar het mynmaatskappye nuwe metodes begin toe pas om die beskadiging aan die omgewing te beheer. Hulle probeer ook om water- en lugbesoedeling wat deur ou myne en

mynhope veroorsaak word, stop te sit.


Ele myn moet 'n plan opstel waarin uiteengesit word hoe die skade aan die omgewing beheer gaan word. Hierdie plan, wat 'n Omgewingsbestuursprogram Verslg (OPBV) ('Environmental Management Programme Report') genoem word, moet met die oopstelling van die myn in werking gestel word en moet voortduur totdat die myn gesluit word. Die regering moet die plan goedkeur.


Die Omgewingsbestuursprogram Verslag is beter as om geen plan te h nie. Maar myne skryf hul eie verslae op. Dit word nie deur onafhanklike persone of organisasies opgestel nie. Die streekdirekteur van Mineraal- en Energiesake kan bepaal dat 'n sekere myn nie so verslag hoef te skryf nie. Nog 'n probleem met die OBPV is dat die myn nie die publiek hoef te raadpleeg nie. Die OBPV hoef ook nie vas te stel of die myn in die eerste plek daar toegelaat behoort te word nie. Die OBPV bepaal slegs watter invloed die myn op die omgewing sal h. 'n Behoorlike mgewingsimpakstudie* behoort gedoen te word. Dit moet vasstel of die myn enigsins toegelaat behoort te word.


Die mynmaatskappye en die Departement van Mineraal en Energiesake s- dat hulle voliedige omgewingsimpakstudies doen. Hulle s ook dat die publiek geraadpleeg word.


Daar is nie genoeg inspekteurs om te verseker dat die myne doen wat hulle ingevolge die omgewingsimpakstudies behoort te doen nie.


Beleidsake vir die nuwe regering


1. Die nuwe omgewingswette, vervat in die Wet op Minerale, is beter as wat voorheen was. Maar dit is moeilik om te verseker dat mynmaatskappye doen wat hulle onderneem om te doen in hulle mgewingsimpakstudies. Die regering moet vasstel hoe die OBPVs verbeter kan word en hoe IEM prosesse in my gebruik kan word. Hulle moet ook vasstel watter regeringsdepartement die OBPV moet goedkeur.


2. Daar is ou myne en mynhope wat nie meer aan enige maatskappye behoort nie. Daar is geen wet wat bepaal wie na dit moet omsien sodat die omgewing nie beskadig word nie.


3. Die reg om sekere minerale te ontgin word aan private maatskappye en individue toegeken. Die regering kan nie die maatskappye of individue keer om te myn nie. Die regering kan slegs sekere voorwaardes stel waaraan die ontginning onderhewig is.


4. Mynbou word hoofsaaklik deur groot maatskappye gedoen. Die regering moet metodes vind sodat klein ook besighede ook kan begin myn. Ma die regering moet ook metodes vind te verseker dat die maatskappye nie omgewing beskadig nie.


5. Die goudmyne vaar tans nie goed nie. Werkers verloor hulle werk. Ons het streng wette nodig om ons omgewing te beskerm. Ons moet seker maak dat die strenger wette nie veroorsaak dat meer mense hulle werk verloor nie.


6. Eendag gaan daar nie meer minerale oor wees om te ontgin nie en myne sal moet sluit. Die regering moet vasstel hoe hy die mynwerkers kan help om ander werk te kry. Nuwe fabrieke moet opgerig word in gebiede waar myne sal moet sluit.

Voorstelle


1. Mynbou het baie skade aan die omgewing aangerig. Die regering moet nie mynbouregte aan enige nuwe maatskappye toestaan totdat ons beter metodes gevind het om die omgewing te beskerm nie. Volgens die HOP moet die regering al die mineraalregte besit. lndien dit gebeur, sal die regering baie meer beheer oor die beskerming van die omgewing kan uitoefen. Hy sal ook baie meer beheer oor mynwerkers se gesondheid h. Die regering kan ook seker maak dat die voordele wat uit mynbou getrek word, beter verdeel word.


2. Myne sal moet sluit as daar nie meer goud of steenkool oor is om te myn nie. Mynmaatskappye moet meer geld in 'n spesiale fonds inbetaal. Die geld behoort gebruik te word om enige skade aan die omgewing te herstel. Dit kan ook gebruik word vir dieopleiding of heropleiding van werkers wat hulle werk verloor as die myne sluit. Dit kan ook gebruik word om nuwe fabrieke op te rig of nywerhede te begin om werk te skep vir die mynwerkers.

3. Alle myne moet aan 'n onafhanklike OIS onderwerp word. Die OIS moet ook bepaal hoe die myn die lewens van die werkers en die gemeenskap sal beinvloed. Slegs nadat so 'n studie uitgevoer is, behoort 'n permit aan 'n myn uitgereik te word.


4. Die Departement van Omgewingsake en Toerisme moet kontroleer of die myne die omgewing behoorlik beskerm. Hulle moet ook die sertifikaat wat uitgereik word as die myn sluit, goedkeur. Hulle behoort die bevoegdheid te h om 'n myn te sluit as dit nie die omgewing behoorlik beskerm nie.


5. Die regering moet ondersoek instel om te bepaal watter ou myne en mynhope na omgesien behoort te word om besoedeling te vermy.

6. Die mynmaatskappye en die regering moet die beste manier vind om die omgewing rondom myne en mynhope te beskerm.


7. Die regering moet 'n Verantwoordelike Versorgingsprogram ('Responsible Care Programme') by myne instel. Hulle moet met myn-maatskappye saamwerk om bronne beter te benut, die hoeveelheid afval wat geproduseer word, verminder en die omgewing beskerm.

---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


